|
JOBHUIS huisves ‘n permanente uitstalling van 25 kontemporêre skilderye (Rina Coetzee) na aanleiding van die Bybelboeke, Job en Klaagliedere.
Die skilderye is ‘n uitbeelding van die kunstenaar se worsteling met depressie. ‘n Besoek aan JOBHUIS neem jou op ‘n reis van in kontak kom met jouself, jou emosies en die vind van innerlike vrede. Jy kry geleentheid om in afsondering diep na te dink en uiting aan jou emosies te gee.
Alle mense kan baat vind by ‘n besoek aan JOBHUIS. Mense wat lyding of verliese ervaar, getuig veral dat blootstelling aan die skilderye vir hulle van besondere waarde is.
Dr Retha du Plessis
Housed in JOBHUIS is a permanent exhibit of 25 contemporary paintings (artist Rina Coetzee) based on the Biblical books of Job and Lamentations.
These paintings express the artist's struggle against depression.
A visit to JOBHUIS takes one on a journey of coming-in-contact with oneself, one's emotions, and the discovery of inner peace. There are opportunities for solitary meditation, and the expression of one's emotions.
Anyone who visits the JOBHUIS will benefit from the visit. People, who have experienced suffering or loss, have testified that exposure to the paintings has been of particular value to them.
Dr Retha du Plessis 083 4516 973
|
|
PLEASE VISIT OUR FACEBOOK PAGE
BESOEK GERUS ONS FACEBOOK BLAD
|
|
|
|
|
VOLKSBLAD 2010-12-21
Elretha Britz
Dié galery geen Jobstrooster
2010-12-21
In ’n kunsgalery wat pas in ’n gerestoureerde huis op Philippolis geopen het, hang ’n permanente uitstalling van 25 kontemporêre skilderye. Dié werke kan bloot as kuns in olie op doek beskou word, of as genesing vir trauma. Al 25 werke beeld teksverse uit die Bybelboeke Klaagliedere en Job uit. “Dit is geen sierlike kuns nie. Erge ellende word uitgebeeld met onder meer regte kettings en toue wat op die skilderye aangebring is, maar wanneer mense met depressie of trauma die hele versameling tot by die laaste uitbeelding van hoop en nuwe lewe assimileer, word hulle gewoonlik met innerlike vrede gevul.” Só vertel Rina Coetzee, die skilder en eienaar van die kunsgalery met die gepaste naam Jobhuis op die hoek van Tobie Muller- en Bergstraat. ’n Tweede vertrek huisves kommersiële kunswerke, waaronder Coetzee se Bo-Karoo-, Stoelstories- en Kom binne-reeks. Daar is ook keramiekkuns deur Jenny Street, handsakke en kussings van Julie Lategan op Trompsburg, en kunstige voorwerpe wat uit herwonne materiaal geskep is. “Soos Job nuwe lewe gekry het toe hy uit die as opgestaan het, so kry ashoop-vondste soos ’n fietswiel, petrolkannetjies en ’n motorvergasser hier ook nuwe lewe in die vorm van byvoorbeeld lampe,” sê Coetzee. Sy is ’n grafiese kunstenaar, wat talle kinderboeke geïllustreer en kunswerk vir die TV-kinderreekse soos Pumpkin Patch, Mina Moo en Kideo gelewer het. Coetzee het tot nou ook grafiese werk vir die Universiteit van die Vrystaat gedoen, maar “dis nou klaar. Van nou af gaan ek heeltyds skilder,” sê sy. Die galery is oop van 09:00 tot 17:00. Alternatiewe besoektye kan gereël word deur Coetzee te bel by 083-451-6974 of 051-773-0157. - Volksblad
|
VOLKSBLAD
Kontrei
Jens Friis >
JOBHUIS IS 'N
PLEK VAN GENESING
2012-05-12
Kunswerke dwing
besoekers tot introspeksie >
|
|