Property for Sale Home Philippolis Dutch Reformed Church Accommodation Businesses Things to do Location map
Tuisblad Philippolis NG Kerk Akkommodasie Ondernemings Te doene Ligging

 

VAN der POST Artist Retreat  


KAROO HOME COOKING AVAILABLE
 

The Van der Post Guest House/ Artist Retreat is a well-equipped self-catering unit that was first taken into use in 2002.

It is open for use of the public when artists, academics, vocalists/ songwriters, writers and other creative spirits are not residing in the guest house.

Well-known people such as Christina Landman, Coenie De Villiers, Gillian van Houten, Johan Rossouw, Mangosutho Buthelezi, Pieter Fourie and Ruda Landman have already paid a visit to this center.

Artists, academics, vocalists/ songwriters, writers and those alike that want to make use of the Artist Retreat, must supply an application that consists of the following:

  • Project proposal, with an indication of how long the person wants to spent time at the Artist Retreat. An indication of how the community will benefit from the work that is going to be done, i.e. a lecture about the book that the writer is writing, a photo exhibition, etc. It is expected that the person must leave something behind of him or her, i.e. a photo, book, article the he/she has written ...

  • Summarized CV

  • References

The merit of the application will then be considered in light of the above-mentioned factors.

Emphasis will be on the fact that the Artist Retreat must be used as a haven for young upcoming writers, artists and academics.

The period of time spend here depends on how long the person wants to stay, the availability of the house and the merit of the application.

To help cover running costs, the Artist Retreat is operating as a guest house if there is no artist residing. Not only artists but also the public is more than welcome to stay here.

As far as it is known, the Artist Retreat is one of a kind, apart from the Writer’s house in Calvinia.


 

Die Van der Post Gastehuis/Artist Retreat is 'n goed toegeruste selfsorgeenheid wat in 2002 in gebruik geneem is.

Dit is beskikbaar as gastehuis vir die publiek as kunstenaars, akademici, sangers, skrywers nie hier arbei nie.

Bekendes wat al al aangedoen/ oorgebly het is Christina Landman, Coenie de Villiers, Gillian van Houten, Johan Rossouw, Mangosutho Buthelezi, Pieter Fourie, Ruda Landman …

Skeppende geeste wat van die Skrywershuis gebruik wil maak se
aansoeke moet die volgende bevat:

  • 'n Projekvoorlegging met onder meer 'n aanduiding hoe lank die persoon vir watter doel hier wil kom arbei. Tot watter mate kan die gemeenskap by so 'n verblyf baat? (Byvoorbeeld deur 'n lesing, foto-uitstalling ...) Daar word verwag dat die persoon iets van hom-/haarself moet agterlaat soos 'n foto, boek, gedig, skildery ...
  • 'Verkorte CV
  • Referente
     

Die meriete van die aansoek word dan aan die hand van hoofsaaklik bogenoemde faktore oorweeg.

Die klem val daarop dat die Artist Retreat gebruik moet word en dat dit ook 'n oord wil bied vir belowende skrywers, kunstenaars, akademici ... - nie net vir bekende name nie, alhoewel diegene net so welkom is.

Die tydperk van verblyf is afhanklik van hoe lank die persoon wil vertoef, die beskikbaarheid van plek en die meriete van die aansoek. Dit kan wissel van 'n dag of wat tot weke.


Om uitgawes te help dek word die Artist Retreat as gastehuis gebruik as kunstenaars nie daar tuisgaan nie.

So ver bekend is die Artist Retreat die enigste van sy soort naas die Skrywershuis op Calvinia
.
 

Só het philippolis-argitektuur
ontwerp van kunstenaarshuis geraak

"EK het 'n wrewel in namaaksels," sê Alida Stewart ontwerper van die Van der Post-gedenksentrum en dosent in argitektuur aan die Universiteit van Port Elizabeth.

 "Soos in Prediker staan: Alles het sy tyd en plek. Vir argitektuur is dit ewe waar. In die kunstenaarshuis wou ek die essensie van Philippolis-argitektuur probeer vasvang, sonder om die prentjie te kopieër."

Iets nuuts wou sy skep. Nietemin moes almal wat hierheen kom intuïtief weet dat die kunstenaarshuis op Philippolis hoort.
Voordat Stewart aan die werk gespring het, het sy gedelf in 'n M.Arch-verhandeling oor Philippolis deur Jan Daniël Smit aan die Vrystaatse Universiteit.


"Opvallend is die verhouding van die hemelruim tot die grond. Alhoewel nie so direk soos in die woestyn nie, is die dominante van die twee, die hemelruim," het hy geskryf in die vaktydskrif Architecture.


Sy kom hierheen om "die sterre te pluk", het Anna Pohl nie verniet gesê na haar intrek op Philippolis.


"Bedags skýn die son pal in die Karoo. Nes in Van der Post se geliefde Kalahari is dit raar as die lug met helder wolke vul. Jy is voortdurend bewus van die eindelose spel van lug," sê Stewart. "Des te meer omdat die aarde so bar is."


Om die gang van die son aan te dui het sy skadulyne teen die kunstenaarshuismure ontwerp. Ingebed in die pleister lê die streng lyne. Strak nes die piramides. As die son wegraak verdonker die holtes.

Die dorpsbeeld van Philippolis herinner aan die karakter van 'n Middeleeuse Europese dorp, maar anders as daar skep die mens 'n geometriese orde wat manifesteer in die roosterplanuitleg van die strate. Só groots is die omgewing dat die mens 'n mikro-kosmos skep om betekenis daaraan te gee.

 

 


Bookings/Besprekings:

Anita Harmse
Tel. 051-7730203
A/H 051- 7730339
Sel. 0729925099
anita@webgrafika.co.za

Voorsitter Van der Post Memorial Trust
Bertie Haasbroek
083 440 4955
bertie3@telkomsa.net

Address of the Trust
Adres van die Trust

PO Box 31095
FICHARDTPARK
9317

 


Die kerktoring (oase) dien as saambindende faktor in die landskap (woestyn). Selfs vanuit die systrate is dit die sterkste oriënteringselement en skrywers kyk daarop uit as hul arbei in die kunstenaarshuis.


"Selfs as 'n ontwerp simplisties is, bly daar reëls. Daar is ritme in argitektuur nes in poësie en musiek."


Aan die kenmerke van die vroegste argitektuur op Philippolis, wat vandag nog bestaan, is die kunstenaarshuis getrou. Dis geskoei op 'n reghoekvormige plan. Daar's min vertrekke - twee of drie, afhangend hoe jy tel. Dis nie breed nie, want hout was vanmeleë skaars in dié droë area.


En dan is die kunstenaarshuisie ook klein - nie om outentiek te wees nie, maar omdat geld min was. Kloustrofobies voel jy egter allermins. Die dubbelvolume doen wondere. Om ruimte te spaar is die huis ontwerp dat deure oorbodig is. Die kookgeriewe is só geplaas dat 'n gang as kombuis dien. "Dit was eers later jare wat 'n behoefte ontstaan het om 'n kosmaakplek binne die huise te hê. Vroeër was kombuise apart van die huis."


Dit was 'n uitdaging vir Stewart om die publieke domein met die kunstenaarshuis te skakel. Volgens navorsing van Smit skei 'n wyerige stoep, tuin of sypaadjie die groter huise in Philippolis met die straat. By die nederiger huisies is die straat egter 'n verlenging van die woonkamer. 'n Tussenruim ontbreek.
Oorgangsfilters was noodsaaklik vir privaatheid by die kunstenaarshuis. Stilte moes Stewart skep.

 Dié "gelaagdheid" is verkry deur 'n boord wildeolywe, verskillende plaveisels en 'n muur wat die teetuin, museum en inligtingsburo afskei.


In plaas van hortjies het die keuse geval op oprol-blinders uit vleitjiesriet. 'n Vaardige swartvrou maak dit plaaslik. 'n Rietdakplafon en sementvloer met houtinsetsels weerspieël en komplimenteer die aardsheid van Philippolis en sy omgewing.