 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
Philippolis waarlik iets om te sien ...
|
'n Dorp wat diep in jou siel inkruip. Dis waar bure nog vriende is. Waar die gemeenskap na mekaar omsien. 'n Plek waar jy weer jou eie hartklop kan hoor, maar ook die hartklop van eeue gelede. Philippolis is ryk aan Karoo plantegroei, 'n interessante wildlewe en kan ook spog met 'n voëlparadys. Dié dorp kan daarop roem as die eerste nedersetting in die Vrystaat (1823). Dit het ook gedien as die hoofstad van die Griekwas. (1823-1861) en vandag nog kan jy die Griekwa-invloed in Philippolis sien. Die besondere Karoo-huise waarvan 'n hele paar as nasionale gedenk-waardighede verklaar is en selfs die straatname, roep die kleurryke verlede in herinnering.
|
|
| |
|
|
JOBHUIS - Philippolis, ’n Permanente uitstalling van 25 kontemporêre skilderye n.a.v. die Bybelboek Job en Klaagliedere.
|
|
| |
|
Emily Hobhouse het ook in dié spesiale dorpie 'n belangrike rol
gespeel. Hier het sy in 1905 'n kant- en weefskool begin om die lot
van die vroue en hulle gesinne na die Anglo Boereoorlog ligter te
maak.
|
|
| |
|
Adam
Kok, die bekende kaptein van die Griekwas het ook op die dorp sy
merk gemaak. Sy woning en krale is steeds 'n gewilde toeriste
aantreklikheid.
|
|
| |
|
Ander besienswaardighede is die imposante NG Kerk met 'n
Brinley en Vorster orrel met meer as
1 000 pype, die Griekwakanonne op die koppie; die ou kruithuis...
|
|
 |
Philippolis is bekend vir sy jaarlikse saalperdskou in November en dan stook die dorp "kwaad" met 'n Witblitsfees in April!
Philippolis is nie eendimensioneel nie – dis ’n veelsydige ervaring wat jy tot jou eie skade misloop! Pak jou tas want die dorp se gasvryheid borrel van sy talle uitstekende gastehuise en –plase oor in sy strate en almal sien daarna uit om jou te ontvang
|
|