Home/Tuis Bird's Haven Ebenhaeser Kanon Old Jail Van der Post Philippolis Seebos Things to do Te doene

 

SEEBOS

    

Sonsondergang op Seebos

 


Hier praat die natuur op so ‘n unieke manier met ‘n mens dat jy na dié wegkomkans ‘n nuwe mens sal wees!

Seebos bied selfsorg-akkommodasie en volop avontuur by een van die oudste en geskiedkundigste nedersettings in die Vrystaat, Philippolis. Kom geniet die natuurskoon van die Vrystaatse platteland of geniet die “quad”-roetes wat vir hope pret sorg. Voëlkyk, stap, fietsry en roei op die dam is maar net ‘n paar van die aktiwiteite wat hier plaasvind.

Geniet die pragtige uitsig oor die dam terwyl jy ‘n vleisie oor die kole braai. Braaipakke is beskikbaar op aanvraag; braaigeriewe word voorsien. Slegs twee uur se ry suid van Bloemfontein, 13 km buite Philippolis. By Seebos sal jy die droomwegbreek ervaar. Kontak ons gerus vir verdure navrae of aanwysings.

R125 pppn en R75 vir kinders onder 12.
R75 per “Quad” per dag.
Ander aktiwiteite ingesluit by prys.

Kontakbesonderhede:
051 773 7054 of 0825306123
epos: nielkruger@vodamail.co.za

Quad-roetes vir hope pret op Seebos

Laatmiddag vreugde op Seebos

'n Blik op die dam op Seebos

Seebos Akkommodasie

Seebos selfsorg-akkommodasie

Quad ritte op Seebos

Kamer van selfsorg-eenheid Badkamer in selfsorg-eenheid Seebos
 

Property for Sale | Home | Philippolis | Dutch Reformed Church | Accommodation | Businesses | Things to do | Location map
Tuisblad | Philippolis | NG Kerk | Akkommodasie | Ondernemings | Te doene | Ligging